Sanitêre ware

Die Hanna-pakkies verskil van maand tot maand, maar sluit altyd twee pakkie sanitêre doekies en ander nodige higiënies produkte in. Hierdie produkte wissel en sluit in sjampoe, lyfseep, tandepasta, tandeborsel en meer. Die waarde van so pakkie beloop ongeveer R40 en R10 word begroot vir verspreidingskostes. Hanna-pakkies word versprei regoor die land en in elke provinsie.

PrincessD © Cup

As alternatief tot die gewone sanitêre doekies wat versprei word, het Helpende Hand navorsing gedoen vir ’n meer volhoubare en omgewingsvriendelike opsies om meisies te ondersteun.

As deel van die #HelpHanna-projek word daar ook nou na sommige skole die Princess D © Menstrual Cups versprei. Hierdie is ’n duursame produk, maar wat oor en oor gebruik kan word.  Een PrincessD © Cup hou ’n meisies 5 jaar (dit is ’n hele hoërskoolloopbaan). Die PrincessD ©  Cups is ’n koste-effektiewe opsie wat ook beter is vir ons omgeweing.

Alle Hanna-pakkies word self by Helpende Hand se gemeenskapsentrum in Derdepoort, Pretoria gepak. Hierdie dien ook as werkskeppingsgeleentheid vir mense vanuit die gemeenskap.