SMS

Jy kan R10 bydra tot ’n Hanna-pakkie. SMS “HelpHanna” na 38969 en skenk R10.

Skenk ’n Pakkie

Die #HelpHanna-projek verskaf meer as 3700 meisies van Hanna-pakkies. Jy kan ’n volledige Hanna-pakkie(s) skenk vir slegs R50

Sluit aan

Word ’n maandelikse ondersteuner van Solidariteit Helpende Hand.

Wat is die projek?

Tydens Vrouemaand 2015 het Solidariteit Helpende Hand navorsing bekend gemaak wat onder Afrikaanse-skoolmeisies gedoen is:

  • 49% van skoolmeisies is nie gemaklik is om die onderwerp van menstruasie met hulle skoolmaats te bespreek nie.
  • Meer as 10% van skoolmeisies meen dat hulle nie genoeg sanitêre produkte vir ’n maand het nie.
  • ’n Verdere 7% het aangedui dat hulle skool mis vanweë ’n tekort aan hierdie produkte.

Na aanleiding van dié skokkende statistiek is die #HelpHanna-projek begin. Ons kan nie toelaat dat vrouwees in die pad staan van ’n meisies se opvoeding nie!

MaatjiesDie #HelpHanna-projek verskaf sanitêre ware aan meer as 3700 skoolmeisies in 137 skole regoor die land. Helpende Hand hoofkantoor voorsien elke meisies drie maal ’n jaar van ’n Hanna-pakkie, terwyl Helpende Hand se landswye vrywilligertakke deurlopend produkte in hul gemeenskappe insamel en dit aan die Hanna-skole versprei.

Sedert die begin van die projek is al meer as R700 000 spandeer aan die #HelpHanna-projek wat sanitêre ware aan meisies versprei. Te danke aan Helpende Hand se maandelikse ondersteuners en lede van die publiek wat bydra tot die projek kan die projek voortgaan om meisies in die skool te hou. Meisies se uitdaging is uniek!